Groblersdal 4 terug in hof. Skokkende aanklagte teen sommige Suid-Afrikaanse Landdroste.

 Francois van der Merwe, Willem Petzer, Tewie Wessels, en Devon Hofmeyr verskyn weer Maandag oggend 19 Februarie 2024 om 9h00 in die Groblersdal se hof vir hul borg aansoek. Die saak was Vrydag 16 Februarie 2024 aangehoor en uitgestel.

Te midde die omstrede teenspoede wat die afgelope tyd gedurende die hof prosedures gebeur het, het VOLKSKRAG NUUS ’n onderhoud opgespoor waar landdroste aangekla is van ernstige misdrywe. Die name van die betrokke landdroste is nie bekend aan VOLKSKRAG NUUS nie. Ons kan ook nie bevestig waar die landdroste werksaam is nie.

In ‘n onderhoud wat op “Newzroom Afrika”, Sondagaand 18 Februarie 2024 gevoer is, is onthul dat daar ernstige klagtes teen sommige landdroste ingebring is. Die klagtes is onder andere nie-bestaande of minagting van hof prosedures, Joernaliste wat gedreig word, werwing van informante vir intelligensie-eenhede en nog meer klagtes. Dit is net van die klagtes wat teen hierdie hof amptenare wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf in gedien word!

In ’n onderhoud met ADV. Glynnis Breytenbach het sy gesê dat alhoewel hulle nog nie skuldig bevind is nie daar wel aanklagte teen hulle ingebring is. Volgens ADV. Glynnis Breytenbach is daar tot magistrate wat Ponzi skemas vanuit die banke bedryf. Sy sê dat daar ’n dienende landdros aangekla en skuldig bevind is aan verkragting. Die skuldig bevinding het in ’n interne prosedure plaasgevind.

In die onderhoud word daar tot gesê dat bewyse deur landdroste vervals word om die sake te beïnvloed. Daar word blykbaar ook met bewyse gepeuter deur die betrokke landdroste.

Volgens ADV. Glynnis Breytenbach was daar selfs ’n debat binne die landdros kommissie. Die debat was oor of die betrokke landdroste se dienste opgeskort moet word of nie. Volgens haar is hulle besig om ’n bespotting van die regstelsel te maak.

2 thoughts on “Groblersdal 4 terug in hof. Skokkende aanklagte teen sommige Suid-Afrikaanse Landdroste.

  1. Hou ASB op met julle optogte, dit help niks nie en blaas net onnodige rasse-haat aan!!
    Gaan in julle binnekamers op julle knieë, dit is die ENIGSTE manier wat werk.
    Julle irriteer net die res van ons!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui