Dodetal klim tot 21 in George-gebouramp

Reddings- en herstelpogings gaan voort op die terrein. Dit is byna ‘n week sedert die meerverdiepinggebou wat in aanbou is, ingeplof het.

Twee-en-dertig mense is nog nie verantwoord nie, terwyl 14 mense steeds in die hospitaal is.

Kenners in die konstruksiebedryf sal na verwagting Maandag die terrein van die ramp besoek.

Sihle Zikalala, minister van openbare werke en infrastruktuur, sal deel wees van die afvaardiging wat die terrein besoek.

Intussen sê Bheki Cele, minister van polisie, SAPD het reeds kontak gemaak met die eienaar van die eiendom van die ineengestorte gebou in George, asook die ontwikkelaar, kontrakteur en sub-kontrakteur.

Cele het Sondag die terrein besoek en met familielede van diegene wat steeds vermis word, vergader.

In dié stadium sê hy hulle het dokumente nodig gehad om die mense wat op die terrein gewerk het, te identifiseer. Hy sê dit sal ook help om diegene te identifiseer wat in die gebou vasgekeer was, sowel as diegene wat oorlede is.

Cele het ‘n beroep op hulle gedoen om ook met die families kontak te maak, om ten minste te erken waardeur hulle gaan.

“As die maatskappy nie regtig saamwerk nie, sal ons die wet en die wetgewing hê en dit volg. Maar maak net ‘n oproep aan daardie mense wat hierdie mense in diens geneem het om net ‘n oog om oog te gaan kyk en die familielid te sien, dit is net menslik. Hierdie ding van wettig en alles wat dit goed is, dit is oukei … maar ons praat van die verlies van menselewens hier.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui