Geskryf deur Willie Cloete – Volkskrag
’n Vakuum het in ons Volk ontstaan wat die strewe na Vryheid in ‘n eie staatsbestel kortwiek.
Na 1994 het daar ‘n gevoel van oorgawe in ons Boere-Afrikanervolk ingetree en ‘n groot gros het eenvoudig net besluit dat ons nou maar moet veg vir hoeveel geld ons kan inpalm. As mens kyk hoeveel sakemanne gegryp het na kontrakte wat hulle saam met ANC kaders gesluit het, en wat gelei het tot die aanvaarding en berusting van ‘n Marxistiese ANC-regering.
Generaal Viljoen het weliswaar ‘n akkoord beding wat ‘n Volkstaat vir ons waarborg. Maar weereens het daar verraaiers navore getree en eenvoudig die Volkstaatraad laat ontbind en die gedagte van ‘n vrye Godvresende staat in die asblik gegooi.
Dit is egter genoeg vermorsing van tyd om te mymer oor wat kon gewees het. Ons moet leer om toekomsgerig te wees en te kyk wat ons kan doen om weer waarlik vry te wees van die hierdie imperiale gruwel, wat tans oor ons regeer, Ons is eintlik ballinge in ons eie land en soos Israel moet ons uit die ballingskap kom. As Israel dit kon doen, kan ons ook, as ons glo dat ons dit kan regkry deur die krag van ons Hemelse Vader.
Ons het ‘n plig om vir ons nageslag Vryheid te kry en wel om die volgende redes:
1)Eerstens moet ons, ons Volk onder die huidige regering stelsel uitkry wat geen ag slaan op Christelike norme van enige aard nie. Hulle optrede oortree omtrent alles wat reg is in die oë van God.
2)Die regering onderwerp ons kinders aan onderwys wat geensins op Christelike waardes gebaseer is nie. Die Bybel gee duidelike opdrag dat ons ons kinders in die vrese van die Here moet opvoed.
3) Selfs ‘n groot gros van die opposisie partye het die dieselfde norme en waardes as die regering. Daarom sal geen regeringsverandering enigsins vir ons as Volk enige waarde hê nie.
4) Nou na 30 jaar moet ons volk tot inkeer kom, want verkeerde denkrigtings het posgevat soos:
* dat ons volk nie meer regtig glo dat God almagtig is nie – en daarom dink dat Hy ons nie uit hierdie multikulture, imperiale gruwel kan red nie.
* dat ons volk nie meer dink dat God se Wet geld nie;
* dat ons die Liberalisme se beginsel van ‘verdraagsaamheid’ teenoor vreemde leringe volg;
* dat ons die Liberalisme se beginsel van ‘gelykheid’ aanvaar het en daarom aanvaar dat rasse-integrasie reg en goed is en dat ʼn meerderheid oor ʼn minderheid moet regeer;
* dat ons die Liberalisme se beginsel van ‘vryheid’ aanvaar het en daarom die heerskappy van Christus oor ons volk verwerp het;
* dat ons ons Marxisme se beginsels aanvaar het, dat rassisme en seksisme sonde is;
* dat ons die Marxisme se eenheidsbeginsel aanvaar het, dat die STAAT die eenheid is waarin ons moet opgaan – en God se Verbond verwerp, dat die VOLK die eenheid is wat die Christendom moet bewaar en koester.
5) Daarom moet ons as Volk weer begin om Selfbeskikking te bevorder om sodoende ons Vryheid as ‘n Volk terug te kry.
Ons moet nie die wanpersepsie wat deur ons vyande versprei word dat Selfbeskikking onmoontlik is, glo nie. Die Volkereg erken ook nog steeds die reg van elke volk om oor hulleself te regeer met ‘n eie grondgebied. Daar is reeds organisasies soos Volkskrag wat saamspan met ander organisasies om dit moontlik te maak. Ons glo dat God ons, ons Vryheid sal gee op die tyd soos wat Hy sal bepaal.
Ons moet as organsasies en volk VERENIG in die Naam van God almagtig.
