VOLKSKRAG mediaverklaring na aanleiding van die Afrikaner verklaring

Saamgestel deur: Dr Jann Schlebusch, Volkskrag

Eerstens wil ons die opstellers van die Afrikanerverklaring bedank vir hulle poging om ‘n leefbare toekoms te skep vir die Afrikaner-‘kultuurgemeenskap’ in hierdie multikulturele, imperiale stelsel.

Vir ons as die vryheidsliewende Boerevolk (ook bekend as die Afrikaner-Boervolk of die Geloftevolk) is ons volkskap belangrik. Ons verstaan die Bybel dat ons as volk geroepe is om God te soek en weer ‘n Godvererende volkshuishouding op te rig onder heerskappy van ons Koning, Jesus Christus. Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. Ons sien geen hoop of heil binne hierdie imperiale bestel nie. Ons hoop is op die Almagtige God wat alles laat gebeur op die presiese tyd wat Hy daarvoor bepaal het. As ons volk voor ons hemelse Vader verootmoedig kan Hy ook weer vir ons vryheid gee op die presiese tyd wat Hy daarvoor bepaal het – en niemand kan Hom keer nie. Demokrasie, getalle, meerderhede en menslike mag tel vir Hom niks. Daarom soek ons nie eenheid in getalle nie, maar eenheid in belydenis – eensgesindheid in Skrifbeskouing en Lewensbeskouing – soos Dr Malan gesê het: “Bring bymekaar wie uit innerlike oortuiging bymekaar hoort”.

Uit die Linkse kritiek teen die Afrikanerverklaring is dit duidelik dat geen toegewing of toenadering die Marxiste tevrede sal stel nie. Hulle doel is niks minder nie as die vernietiging van die volkereverskeidenheid. Daarom ook hulle aggressie teen die erkenning van die Godgegewe rasse as grense tussen volke.

Ons is oortuig daarvan dat ons volksgenote toenemend besef dat hierdie multikulturele, imperiale gruwel geen heil of toekoms vi ons bied nie. Ons doen ‘n beroep op ons volk en ons volksorganisasies om voor ons God en sy Wet te buig en fisies en geestelik gereed te maak om te stry vir die herstel van sy Koninkryk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui