Soort van goeie nuus vir NWU Student Shaun Christie

POTCHEFSTROOM, WES-TRANSVAAL. – Die skorsing van die NWU-student, Shaun Christie, is gister gedeeltelik opgehef. Daar is tydens ’n interne gesprek met die NWU se dissiplinêre komitee besluit hy mag weer sy akademiese verpligtinge nakom, maar hy sal by geen openbare geleenthede toegelaat word nie. Dit is duidelike onderdrukking van vryheid van spraak om hom van openbare byeenkomste te verbied.

Meer as 100 studente het gister op kampus aan ’n stille protesaksie ter ondersteuning van Christie deelgeneem.

Hy het tydens die sessie opgestaan en tot voor die verhoog geloop waar hy beswaar teen geslags kwessies wat tydens die sessie bespreek is, gemaak het. Christie het openlik beswaar gemaak teen inhoud wat tydens ’n inleidingssessie vir die eerstejaars voorgehou is. Volgens hom word Christen-studente se vryheid van spraak onderdruk en dit wat teen die Christelike leer indruis word in studente se kele af gedwing met verpligte sessies. Meer as 6000 eerstejaarse studente het daarna opgstaan en die sessie verlaat.

Dit is nog nie duidelik wat verder in die proses gaan gebeur nie, aangesien daar geen formele dissiplinêre stappe teen Christie geneem is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui