Plaasaanval in Ermelo Oos: boer word uit sy huis gelok

‘n Boer is op 10 Augustus 2025 omstreeks 23:43 uit sy huis gelok terwyl hy en sy vrou alleen tuis was.

Wat gelyk het na ‘n brand wat naby sy huis uitgebreek het, was net die lokaas om hom na buite te lok sodat die aanvallers toegang tot die huis kon verkry. Die aanvallers het die huis binne gegaan waar die boer se vrou alleen was terwyl hy na die brand gaan omsien het. Die dame was gelukkig om in die vertrek te wees waar sy die noodknoppie kon aktiveer terwyl die aanvallers toegang tot die vertrek probeer kry het.

Die SAPD is om 00:33 ontbied, maar het eers om 02:39 hul opwagting gemaak. Twee verdagtes was steeds in die huis en is gearresteer. Geen beserings is gerapporteer nie.

Dit het die SAPD ongeveer 2 ure geneem om op die noodroep te reageer!

Die aanvallers is deel van ‘n bende wat die Ermelo-Oos area al vir etlike jare terroriseer en daar is al verskeie sake teen hulle annhangig gemaak. Die bendelede word gekoppel aan misdade wat strek van onder andere moord, verkragtig, aanranding, veediefstal en brandstigting.

Die bogenoemde bende se bedrywighede in die area was verlede week by verskeie vergaderings bespreek asook by die Ermelo Landelikeveiligheidsvergadering.

Mnr Du Plessis, voorsitter van Ermelo Landelikeveiligheid doen ‘n beroep op die NVG en SAPD om asseblief hierdie verdagtes se borgaansoek teen te staan en om al die hangende sake teen hulle deeglik te ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui