‘n Onderwyseres van Curro Academy Protea Glen in Soweto is geskors na sy glo drie leerlinge “ape” genoem het.
Die juffrou het glo die drie leerlinge “ape” genoem na hulle ontwrigtend in die klas was. Curro Holdings het gesê hulle is verlede Vrydag bewus gemaak van die voorval wat glo in die eerste kwartaal van verlede jaar plaasgevind het.
Curro het gesê geen formele klagtes is gelê nie en hulle het eers Vrydag van die voorval bewus geraak, waarna die onderwyseres onmiddellik geskors is. Hulle is besig om die voorval te ondersoek.
