Vier mense is deur Kaapstadse wetstoepassers in hegtenis geneem op aantygings van kitsbank-swendelary en die teiken van ‘n Duitse toeris.
Die stad sê die verdagtes is geïdentifiseer deur straat kamera-operateurs wat probeer het om die toeris sy bankkaart te laat swiep. Die verdagtes het glo gesê toeriste moet betaal om in die strate van die stad te loop.
Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid, JP Smith, sê die beamptes het die verdagtes wat in ‘n gehuurde motor probeer vlug het, in ‘n hoek vasgekeer.
“Wetstoepassers het voortgegaan om te jaag en uiteindelik al vier verdagtes, ‘n vrou en vier mans, in hegtenis geneem. Binne die motor het hulle vals nommerplate, verskeie kaartlesers en swendelary toestelle, sekuriteit klere, vals sekuriteits-ID’s en verskeie OTM-kaarte gevind.”
“Ons eweknieë in die banksektor gebaseer in Johannesburg is in kennis gestel om hulp te verleen aan die ondersoekbeampte van die SAPD en die NVG sodat hulle die volle omvang van die wet in die gesig staar,” voeg Smith by.
