Motoriste die naweek gewaarsku teen snelweg sluiting tussen Pretoria en OR Tambo-lughawe

’n Gedeelte van die R21-hoofweg sal die naweek weer gesluit wees vir herstelwerk deur Eskom

Motoriste word versoek om kennis te neem dat die R21-hoofweg vir sekere tydperke vir verkeer tussen Nellmapius rylaan en Olifantsfontein weg hierdie naweek gesluit sal wees.

Volgens die Tshwane Metropolisie sal die pad op hierdie tye gesluit wees:

  • Saterdag, 27 April, van 06:00 tot 18:00
  • Sondag, 29 April, van 06:00 tot 12:00

Die pad sluiting hou verband met die installering van nuwe geleiers en kraglyne oor die hoofweg deur kragvoorsiener Eskom.

Kempton Express het berig motoriste wat tussen Pretoria en OR Tambo Internasionale Lughawe reis, sal moet verseker dat voldoende planne gemaak word om alternatiewe roetes te gebruik.

Eskom het voorheen aangekondig dat die pad gesluit sal wees vir elektriese herstelwerk. Die eerste sluiting was op 21 April.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui