Mossie Mosterd (82) is oorval deur 4 aanvallers in sy huis te Buffeldsrfit, Roodeplaat, noord van Pretoria.
Oom Mossie het alleen gewoon op die perseel binne die Buffelsdrift-bewarea.
Volgens polisie woordvoerder Kaptein Johan van Dyk, het oom Mossie se seun omstreeks 20:10 Donderdagaand, 24 Julie, op sekuriteitskameras gesien hoe onbekende figure die perseel betree.
Hy het na die huis gehaas waar hy 4 mans in blou oorpakke opgemerk het. 3 het die huis binne gevlug terwyl die 4e mens buite die huis gebly het.
Die huis is in ‘n chaostiese toestand gevind en die 3 aanvallers het by ‘n agterdeur uitgevlug. Oom Mossie se seun het hom buitekant die huis gevind waar hy met draad vasgebind en erg aangeraand is met skerp voorwerpe.
Oom Mossie is na die Montana hospitaal afgevoer, maar is by aankoms ongelukkig dood verklaar.
Die aanvallers het in ‘n noordwestelike rigting na Wahlmansthall gevlug.
Die Bewarea se bestuur en ander inwoners het hul skok en meegevoel uitgespreek. Oom Mossie, oorspronklik van Namakwaland, was ‘n bekende en geliefde inwoner van die area.
Die SAPD is besig met ‘n forensiese ondersoek na die moord. Slegs ‘n selfoon en geld word tot op hede vermis.
