Witkruismonument vier sy 22ste jaar in 2025

Die 22ste jaar van kruisplanting sal die jaar plaas vind op 3 en 4 Oktober 2025.

Die Witkruismonument of Plaasmoordemonument is ‘n monumentkompleks langs die N1-roete tussen Potgietersrus en Pietersburg, wat opsigtelik teen die helling van Ysterberg geleë is, op privaat eiendom van die Harmse-familie. Op die area van sowat 5 hektaar word sedert 16 Junie 2004 simboliese witgeverfde metaalkruise geplant vir elke sterfte tydens ‘n Suid-Afrikaanse plaasaanval. 925 van die sowat 3 000 wit metaalkruise teen die randjie is in ‘n opvallende sentrale kruisvorm gerangskik om die Christelike aard van die monument te beklemtoon. Sowat 20 rooi kruise aan die bokant van die monument verteenwoordig plaaslike ongevalle. In 2020 en 2022 is verdere monumente aan die voet van die kruisveld aangebring. (Wikipedia)

Ons gaan die 30 en 31 Augustus die terein daar teen die berg skoon maak en reg kry.

Enige iemand wat kan kom help of ‘n bydrae wil maak kan Kobus de Lange kontak op 0847103728 whatsapp verkieslik asb.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui