Vyf gesoekte transitorowers is dood in dramatiese skietgeveg met die Natalse polisie
Vyf vermeende transitorowers wat gesoek is vir ‘n reeks kontant-in transitorooftogte in Natal, is Woensdagmiddag tydens ‘n skietgeveg met die polisie by Ridgeview naby Chesterville doodgeskiet. Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Robert Netshiunda, het gesê die verdagtes is gesoek vir ‘n rooftog wat Maandag, 31 Maart 2025 in KwaMashu plaasgevind het. Netshiunda het gesê die polisie is…
