EFF optog na Kleinfontein, Pretoria, goedgekeur

Die GPF van Cullinan het die volgende uitgereik:

Met betrekking tot die beplande optog deur die EFF na Kleinfontein op Vrydag 02/05/2025.

Goedkeuring is deur die betrokke owerhede vir die optog gegee.

Die bymekaarkompunt sal by die leë veld teenoor Alzu wees, NIE op Alzu se perseel nie.

Die optog sal na verwagting om 10:00 begin waarna hulle na Kleinfontein sal stap, en hulle verwag om om 15:00 klaar te maak.

Tydens die optog kan u verkeersopeenhopings op die R515 na Kleinfontein verwag. Indien moontlik, gebruik asseblief alternatiewe roetes.

BELANGRIKSTE:
▪ Bly asseblief weg van die groep tydens die optog
▪ Moenie konfronterend raak nie
▪ Vermy eerder die area totdat almal versprei het
▪ ‘n Groot aantal SAPS, TMPD en ander rolspelers sal teenwoordig wees, daar is geen rede vir enigiemand om senuweeagtig of bang te wees nie.

https://twitter.com/EFFGautengProv/status/1917507356168171639

One thought on “EFF optog na Kleinfontein, Pretoria, goedgekeur

  1. Ek hoop hulle volgende optog is na die Ingonyama Trust waar slegs mense van die Zoeloe kultuut woon en wat die Staat onderhou met belastingbetalers se geld.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui