Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep
1Hy het vir hulle ‘n gelykenis vertel oor hoe nodig dit is om altyd te bid en nie moed te verloor nie. 2Hy het gesê: “Daar was ‘n sekere regter in ‘n bepaalde stad, wat nie ontsag vir God gehad het nie en hom aan geen mens gesteur het nie. 3Daar was ook ‘n weduwee in daardie stad, wat hom bly opsoek het met die versoek, ‘Laat reg aan my geskied in my saak teen my opponent.’ 4‘n Tyd lank wou hy nie, maar naderhand het hy by homself gedink: Al het ek geen ontsag vir God en steur ek my aan geen mens nie, 5sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, tog maar reg aan haar laat geskied; anders gaan sy my tot aan die einde bly teister.” 6Toe sê die Here: “Luister na wat die onregverdige regter sê! 7Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle, Hy sal baie gou aan hulle reg laat geskied. Die vraag is net: Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind?”
U word genooi om na die uitsending te luister deur Dr Raymond Lombard