Joshlin Smith verhoor word na Saldanhabaai geskuif

’n Oorwinning vir Saldanhabaai-inwoners het in die Wes-Kaapse hooggeregshof gebeur toe die verhoor na dié gebied verskuif is vir die verhoor.

Regter Gayaat Da Silva Salie het gesê dit is in belang van die publiek dat die saak van die vermiste Joshlin Smith in die hof te Saldanhabaai aangehoor word.

Joshlin se ma, Kelly Smith, het Vrydag alleen in die beskuldigdebank in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Die hofsaak is reeds verskeie kere uitgestel. Intussen is Joshlin steeds vermis sedert sy in Februarie 2024 spoorloos verdwyn het.

Die hof het gehoor die ander twee beskuldigdes, Jacques Appollis en Steveno van Rhyn weens ‘n administratiewe fout nie betyds by die hof kon wees nie.

Die duo was nog in die Malmesbury-gevangenis en moet nog na die Pollsmoor-gevangenis geskuif word.

Sodra meer inligting beskikbaar is, sal ons dit plaas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui