Port Elizabeth moordverhoor: eksman en kêrel na se sameswering om Vicki Terblanche te vermoor

Die moordverhoor van Vicki Terblanche, het ‘n aanvang geneem waar die die hof gehoor het hoe haar eksman en kêrel ‘n plan beraam het om haar te vermoor.

In 2021 is die 42-jarige ma se lyk in ‘n vlak graf in Greenbushes gevind nadat sy deur haar kêrel, Reinhardt Leach, as vermis aangemeld is.

Leach is kort ná die gru-vonds in hegtenis geneem en is sedert Oktober 2021 in aanhouding. Vicki se vervreemde man, Arnold Terblanche, is ook in hegtenis geneem. Terblanche is egter in 2023 op borgtog van R1 mijoen toegestaan.

Leach het skuld beken op die aanklagte teen hom wat insluit; moord, sameswering om moord te pleeg en die besit van dwelms. Arnold het ontken steeds sedert sy inhegtenisneming dat hy onskuldig is.

’n Derde beskuldigde, Dylan Cullis, het sy rol in Vicki se moord erken en ’n staatsgetuie geword. Hy is in 2023 18 jaar tronkstraf opgelê.

Hierdie week het die hof gehoor hoe Leach en Vicki aanvanklik beplan het om Arnold te vermoor.

Luidens berigte het Vicki met Leach gepraat oor haar plan om Arnold te vermoor. Hy het beweer sy het geglo dat sy finansieël meer daarby sal baat by as ‘n erfgenaam as om te skei.

Volgens Leach het Vicki se dwelmverslawing aanleiding gegee tot die verbrokkeling van die egpaar se huwelik.

Toe Leach en Arnold persoonlik ontmoet het, het Leach hom van Vicki se plan vertel en dit is waar Arnold na bewering voorgestel dat die ma van sy kind eerder vermoor moet word.

Leach het in die hof verklaar dat die plan was om Vicki te bedwelm. Hy het uiteengesit hoe hy haar drankie gedokter het, seks met haar gehad het, maar nadat hy ‘n slukkie van die gedokterde drankie geneem het, het hy ingesluimer.

Leach het gesê hy is nie die een wat Vicki versmoor het nie. Hy het gesê Cullis het haar met ‘n kussing versmoor.

Leach het verklaar dat Vicki se lyk toe in die kattebak van ‘n BMW geplaas is terwyl die mans gesoek het na ‘n plek om van haar liggaam ontslae te raak.

Met haar lyk steeds in die kattebak, het die mans eers gaan knortjor ry voordat hulle uiteindelik van Vicki se lyk in ‘n vlak graf gestort het.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel sodat die hof ‘n besluit oor pleidooie kan neem.

Opvolg: In sy uitspraak het waarnemende regter Samson Dunywa beslis dat Leach en Arnold Terblanche se verhore geskei word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui