Die polisie ondersoek ‘n dubbele moord nadat ‘n pa en sy tienerdogter Vrydagaand in hul huis vermoor is.
Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Wesley Twigg, het gesê die Delft-polisie het Vrydagaand 3 Januarie 2024 gereageer op ‘n klag van ‘n skietery in Nata-hof, Leiden, Delft.
’n 42-jarige man en sy 19-jarige dogter het noodlottige skietwonde opgedoen.
“Volgens berigte was die slagoffers tuis toe hulle geweerskote aan die buitekant van hul huis gehoor het.
“Onbekende gewapende mans het toe die huis binnegegaan, die man en vrou geskiet voordat hulle van die toneel gevlug het,” het sers Twigg gesê.
“Albei slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.”
’n 40-jarige vrou het ongedeerd daarvan afgekom.
Hy het gesê Delft-speurders ondersoek sake van moord en poging tot moord.
Enigiemand met enige inligting oor hierdie voorval kan Crime Stop by 08600 10111 kontak.
