’n 35-jarige Salon-eienaar en klante was by die besigheidsperseel toe ’n onbekende Afrika-manspersoon Woensdagaand 25 Desember 2024 die perseel met ’n panga in sy hand binnegekom en geld geëis het.
‘n Onbekende bedrag kontant en twee selfone is by die eienaar en vyf selfone van kliënte afgeneem voordat die verdagte te voet van die toneel gevlug het.
Die eienaar van die salon het haar oom in kennis gestel wat albei die aanwysing van die verdagte gevolg het. Hulle het op ’n wit Volkswagen Golf met GP-nommerplate afgekom. Die klaer het daarin geslaag om een van hulle te identifiseer as die verdagte wat hulle beroof het.
Hulle het albei gevlug, maar een van hulle, ‘n 17-jarige seun is deur die gemeenskap in hegtenis geneem en aan die Polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Hy sal aanklagte van sakeroof in die gesig staar en sal binnekort in die Marble Hall-landdroshof verskyn.
Enigiemand met inligting oor waar nog ‘n verdagte op vlug is, kontak asseblief speursersant Elias Matintchi by 082 303 9925 of Stop Misdaadnommer 08600 10111.
