Nog ‘n veelvuldige botsing op die N3 en Van Reenenpas

Van Reenen-pas is weer oopgemaak vir verkeer ná ‘n ongeluk vroeg vanoggend ongeveer 06:40 toe ‘n trok ge”jackknife” het.

Geen ernstige beserings of sterftes is as gevolg van die voorval aangemeld nie, maar die kantoor van KwaZulu-Natal (KZN) se vervoerdepartement Siboniso Duma het motoriste daaraan herinner om verstandig te bestuur.

“Dit reën in die meeste dele in KZN. Ons versoek motoriste om die area met omsigtigheid te benader. Ons pleit by motoriste om ekstra versigtig op die pad te wees en die reëls te gehoorsaam,” het Ndadezinhle Sibiya, departementswoordvoerder, gesê.

“Meer as 80% van alle ongelukke op die N3-tolroete is die gevolg van menslike foute, insluitend bestuurdersnalatigheid, afleidings, spoed, roekeloosheid, moegheid en aggressiewe bestuurstyl,” het Thania Dhoogra, bedryfshoof van die N3-tolkonsessie, gesê.

“Die gevolge van hierdie menslike foute is verreikend en kan grootliks vermy word deur verkeerswette te gehoorsaam, aandag te gee en verantwoordelik te bestuur – om lewens te red eerder as ‘n paar minute van jou tyd,” het sy afgesluit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui