Die net trek nouer: Onderwysers betrokke vir seksuele misdade met kinders word opgespoor

Voormalige skoolhoof onder twee in hegtenis geneem vir kinderseksmisdade in gesamentlike SA-VS-operasie

In samewerking met die Federale Buro vir Ondersoek (FBI) en die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) twee persone in hegtenis geneem in verskillende dele van Gauteng.

Die gekoördineerde poging is deur die SAPD se nasionale en Gautengse reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenhede (SECI), forensiese maatskaplike werk (FSW) en die FBI geloods.

Die Gautengse woordvoerder Amanda van Wyk, het berig dat een verdagte Donderdag in hegtenis geneem is na ‘n wenk ontvang is deur wetstoepassingspanne deur middel van ‘n internasionale aanmeldingslyn.

Een van die verdagtes is ‘n voormalige skoolhoof.

Die ondersoek het owerhede na Vanderbijlpark gelei waar ‘n 49-jarige man in gehegtenis geneem is.

“Die operasie het daartoe gelei dat ’n 49-jarige man, wat sy meisie se 15-jarige dogter seksueel ge-“groom” het, seksueel aangerand en verkrag het, vasgetrek is,” sê Van Wyk.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 41-jarige man in Pretoria in hegtenis geneem.

Die voormalige onderwyser en skoolhoof word daarvan aangekla dat hulle kinders aan volwasse pornografie blootgestel het en seuns tussen die ouderdomme van 10 en 12 seksueel ge”groom” het.

“Drie slagoffers is tot dusver positief geïdentifiseer; ‘n verdere ses slagoffers moet nog opgespoor word,” het Van Wyk Sondag in ‘n verklaring bevestig.

Sy het bygevoeg dat die owerhede tydens albei arrestasies beslag gelê het op verskeie elektroniese toestelle wat vermoedelik seksuele misbruik van kinders bevat, wat algemeen na verwys word as kinderpornografie.

Die twee verdagtes sal na verwagting op 17 Desember onderskeidelik in die Pretoria-Sentraal-landdroshof en die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

“Die staat sal borgtog in beide sake teenstaan,” het Van Wyk gesê.

“Die SAPD herinner lede van die publiek dat dit ’n kriminele oortreding is om kinderpornografie te besit, toegang te verkry, af te laai, te vervaardig en te deel.”

Die arrestasies kom teen die agtergrond van onthullings oor vorige seksuele misdrywe binne die Gautengse departement van onderwys.

Onlangse bevindinge toon dat nege werknemers wat in Gautengse openbare skole werk, vorige veroordelings vir seksuele misdrywe het.

Uit die departement se 86 367 werknemers is slegs 8 782 (10,2%) teen die nasionale register vir seksuele misdrywe (NRSO) gekeur.

Diegene wat met skuldigbevindings geïdentifiseer is, sluit in vier laerskoolonderwysers, vier algemene assistente en een voedselhanteerder.

Daar is egter nog baie meer wat vryelik onder ons kinders beweeg. Intensiewe ondersoeke van sake wat aan die Gautengse Onderwysdepartement en Educator Ethics Council gerapporteer is, sal ongetwyfeld ‘n paar hase uit die hoed jaag.

Dit is ontstellend en onrusbarend dat onderwysers en veral skoolhoofde hul magte misbruik en ‘n klad sit op die onderwysberoep waar daar van werklik eerlike, opregte en waardevolle onderwysers verwag word om die skandes van die oortreders te dra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui