Verskeie geweerskote is gister in Craighall Park in Gauteng gehoor, wat middagverkeer tot stilstand gebring het en die gemeenskap in paniek gelaat het.
‘n 54- jarige man is verskeie kere geskiet naby ‘n laerskool tewyl hy na sy motor toe gestap het. Volgens gerugte is ‘n wit Mercedes Benz AMG, waarvan die nommerplate verwyder was, se insittendes dié wat die man noodlottig gewond het. Die voorval het in Norfolklaan plaasgevind.
In ‘n boodskap wat aan sy kliënte gestuur is, het die plaaslike veiligheidsmaatskappy CAP gesê: “‘n Slagoffer is verskeie kere geskiet en het ongelukkig aan sy beserings beswyk.”
Hulle het bygevoeg dat die omstandighede rondom die voorval ondersoek word. Daar is geen verdere inligting op hierdie stadium beskikbaar nie.
