Breytenbach, oudmediaman en -onderwyser pleit skuldig

Oudmediaman en onderwyser, Willem Breytenbach, wat in 2019 op Hartenbos in hegtenis geneem is op aanklagte wat verband hou met die seksuele aanranding van skoolseuns, het in die streekhof in Kaapstad skuldig gepleit.

Breytenbach het skuldig gepleit op sewe aanklagte van onsedelike aanranding en drie aanklagte van seksuele aanranding.

Hy is destyds by sy sielkundige se praktyk in hegtenis geneem terwyl hy die Tuinroete besoek het om vir sy ma te kuier.

Die beweerde voorvalle het glo tussen 1989 en 1994 gebeur.

Dit het op die lappe gekom nadat ‘n kopieskrywer, Deon Wiggett ‘n opname uitgesaai het waartydens hy onthul het hoe Breytenbach hom na bewering verkrag en seksueel aangerand het in die 1990’s.

Breytenbach is ‘n voormalige joernalis van Media24.

‘n Leser het die volgende op Facebook geskryf: “Vandag wil ek ‘n lansie breek vir die sg main stream media. Deon Wiggett, ‘n slagoffer, het begin soek na die reeks-pedofiel, Willem Breytenbach. Hy het voltyds begin om ‘n saak te bou teen WB. Deon het ‘n onderhoud gekry met ‘n hoëkop in Media24, waarin die hoëkoop sy ondersteuning en Media24 se regspan se ondersteuning beskikbaar gestel het aan Deon Wiggett. Dit het ‘n vangnet vir Deon geskep, en was hy suksesvol in sy ondersoek teen WB.

Gaan lees gerus die boek, My only story, the hunt for a Serial Paedophile deur Deon Wiggett om meer hieroor te lees. Dis ‘n uitstekende boek.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui