Al Liebenberg se maatskappye is in finale likwidasie en hulle het nou geen toegang tot enige gelde nie.
Liebenberg het ‘n NPC begin met direkteure waarvan Clarina Vorster, Dezzi se lyfwag een is. Die ander is ‘n Nigeriër en die derde persoon is ‘n onbekende wat niemand nou kan opspoor nie.
Intussen het dit aan die lig gekom dat sy regfondsgeld nou skoonveld is saam met die Direkteur van die NPC.
Dezzi het toe sy gearresteer is, haar handsak met ‘n aantal goue munte aan ‘n Laetitia van der Walt oorhandig. Sy het dit aan die lyfwag, Clarina Vorster oorhandig toe sy haar onttrek het van die Liebenbergs.
Clarina Vorster het al die geld uit die Louis Cares Foundation onttrek asook die goue munte gevat. Liebenberg het uit die selle ‘n pleidooi gerig dat weldoeners geld inbetaal om vir hul regshulp te betaal. Diegene wat fondse in die NPC betaal het om Liebenberg te help, moet nou die realiteit in die gesig staar dat ook hierdie geld verlore is.
Daarna het Vorster Dezzi se kar onregmatig gevat en is nou skoonveld. Daar is ‘n saaknommer, 240/11/2024, oopgemaak by die SAPD.
Beide die likwidateurs en die polisie soek na Vorster sedert die NPC gestig is.
Die Liebenbergs verskyn vandag en die 25e in die hof waar hul onderskeie borgtogaansoeke aangehoor sal word.
