Bloemfontein “makelaar” aangekla van bedrog

Christiaan Jacobus Venter (52) is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het. Hy is in hegtenis geneem nadat hy die polisie lank ontduik het.

Die Vrystaatse woordvoerder van die Valke, Fikiswa Matoti, het gesê die vermeende bedrieër het homself as ‘n makelaar voorgedoen toe hy homself in 2007 aan ‘n belegger voorgestel het. Hy het die klaer in die saak, ‘n 16% opbrengs beloof op sy belegging.

Die klaer het R800 000 belê, maar in plaas van wins, het hy alles verloor nadat Venter berig het hy het groot verliese gely op die JSE. Die klaer het ‘n saak teen Venter aanhangig gemaak en dit is verwys na die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Bloemfontein.

Die saak is uitgestel tot 21 Januarie 2025 vir verhoor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui