“Die olifant in die kamer is my onlangse pad met Louis Liebenberg.”
“Ek het die voorreg gehad om vir 10 jaar my mense op grondvlak te kon dien.”
Hofmeyr se rol as solo aktivis het begin met die stigting van Bittereinders. Daarna het hy aangesluit by die UIM waar hy as Jeugleier opgetree het en vandaar is hy na die burgerregteorganisasie ToekomsFront. Vir hom het dit soos ‘n droom gevoel, maar het dit met oorgawe en doelgerigtheid uitgeleef.
Van vergoeding daarvoor was nooit sprake nie. “Dit was my voorreg. In hierdie dekade het ek meer geleer as wat ek kon uitrig.”
“Die olifant in die kamer is my onlangse pad met Louis Liebenberg. Daar was vraagtekens toe ek aankondig dat ek as direkteur sal dien by ToekomsFront, ‘n organisasie gestig deur Louis Liebenberg en ander om as burgerregteorganisasie te dien. En ek verstaan hoekom.
“Na die Groblersdal saga was ek gereed vir n politiese loopbaan wat ek aangepak het saam met Neil de Beer en die UIM. Dankie Neil. Ek het by jou ongelooflik baie geleer in my kort tydjie daar.”
“Louis Liebenberg het vir my ‘n platform gebied om voort te gaan met my aktivisme – wat vir my belangriker was as die stadige ratte van ‘n politiese loopbaan. Ek het dit dadelik gevat. Louis Liebenberg het my nooit voorgeskryf nie en ek kon voort gaan met dit waarvoor ek ontsaglik lief is. En daarvoor is ek dankbaar. Hy het my met respek en eerbaarheid hanteer en dit sal ek nooit vergeet nie.”
“Ek vra omverskoning as ek jou te na gekom het die laaste tydjie. Dit was beslis in my tyd van swakheid.”
“Ek wil graag afsluit deur dankie te sê. In 2014 het ek nooit gedink dat hierdie sò n ongelooflike ervaring sou wees nie. Elke optog, kinderhuis, sopkombuis, ouetehuis, hoërskool, laerskool en besigheid het my as mens laat groei asook my geloof in ons hemelse Vader. Dit was n taai stryd maar tog elke sekond die moeite werd. En daarvoor sal ek u dankbaar wees tot die dood.”
Devon sê in sy Facebook boodskap dat hy besluit het om sy loopbaan as aktivis te beëindig – woorde wat hy nooit gedink om ooit te uiter nie en die meilikste woorde wat hy nog ooit moes sê.
“Of dit God se wil is vir my of nie sal ek beslis met tyd uitvind. Tot en met dan wil ek 10 jaar se agterstand in familie, loopbaan, studies en geloof terug werk vir myself.”
Hy spreek sy vertoue uit in die jeug, “Ek het volle vertroue in die huidige jong leiers wat ons volk dien en ek weet dat hulle die fakkel hoog sal dra. Ek bid ook vir die leiers wat nog kom. Dat hulle ook vreesloos en onbeskaamd ons volk sal dien. Hierdie volk is uitsonderlik en verdien beter.
Hy sluit sy verklaring met dank vir dié wat dit lees.
