Om ’n volk te vervreem van sy geloof en waardestelsel is ’n uiters kragtige wapen wat die kommuniste gebruik om hul ideologie te bevorder.
Eerste stap is om vrees in ’n volk in te pomp. Die vrees vir massas. Hier in Suid-Afrika word die heersende massas teenoor ons as minderheid Afrikaners gebruik. Daar word vertel dat ons nooit ’n kans teen die massas staan nie. Dat ons lam teen hulle is.
Daar is voorbeelde in die Bybel en ons geskiedenis wat vir ons as ’n les moet dien. Een voorbeeld is die Gideon’s “bende” wat deur GOD self gekies is…
Die slag van bloedrivier is ’n rigtingwyser vir ons en hoe kragtig God se werk is.
Die tweede stap is om die verkondiging van die Woord van GOD te kaap en te vervals. Die kommuniste gaan tot sovêr om literatuur soos die Bybel te vervals om hul narratief te pas. Hier in Suid-Afrika is die hoofstroom kerke reeds deur kommuniste ingepalm. Die suiwer verkondiging van die woord is vervang met die leuen van die wêreld!
Dit wat teen die Bybel is, word as die waarheid van kansels af verkondig! Dit wat GOD haat word as reg en mooi verkondig. Die Bybel word verdraai om die leuen te regverdig!
Dan kry ons die sogenaamde “regse gelowe” wat die Bybel op ander maniere verdraai. Dit is die “geloofsgroepe” wat ons as volk en taal misken deur ons ’n ander volk wil maak. Ons as Afrikaner volk of soos sommige dit as die Boerevolk of “Boervolk” noem, word misken en ontken. “Boervolk” is ’n spotnaam wat deur die Engelse tydens en na die 2e Vryheid’s oorlog gebruik was. Ons is NIE Jode of Israeliete of iets dergeliks nie! Ons is ’n volk uit eie reg wat met die genade van die HERE hier in Suid-Afrika ontstaan het! Ons is in alle opsigte uniek! Ons het bitter min ooreenkomste wat betref ons Europese voorsate!
Die Britse-Israelitiese “geloof” wat hier opgang maak is afkomstig van ’n Britse sekte om ons as volk nog vêrder van ons geloof af te verwyder!
Die kommuniste gebruik al hierdie wapens om ons as volk lam te hou en om ons verdeeld te maak. Ons is soos skape ter slagting! Ons is soos “zombies” wat die leuen blindelings glo en aanhang!
