Twee Eskom-kontrakwerkers is in Mpumalanga vermoor

Die twee mans is dood nadat hulle ‘n motor by ‘n werktuigkundige se werkswinkel afgelaai het.

Die polisie ondersoek die moorde Donderdag op twee Eskom-kontrakwerkers in Ermelo, Mpumalanga.

Die twee kontrakwerkers, onderskeidelik 37 en 40 jaar oud, is vroegoggend doodgeskiet kort nadat hulle hul voertuig by ‘n werktuigkundige se werkswinkel afgelaai het.

“Die twee het na bewering ‘n voertuig by Thusiville in Ermelo afgelaai en het ‘n ander motor gebruik toe hulle teruggekeer het. Dit was gedurende hierdie tyd toe hulle aangeval is,” het kolonel Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.

Hy het bygevoeg dat die polisie een van die slagoffer se lyke gevind het in die motor waarin hulle gery het, terwyl die tweede lyk buite die voertuig was.

“Die Sapd-lede het ook ‘n paar leë patrone op die toneel gevind. Die motief agter die moord is op die oomblik onbekend,” het Mdhluli gesê.

Intussen het waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, die publiek gerusgestel dat ‘n span ondersoekers aan die saak toegewys is. “Die lede werk 24 uur per dag om die oortreders daarvan aan te meld,” het hy gesê.

Die moord op die Eskom-kontrakteurs kom ná twee ander dubbelmoorde enkele dae tevore.

In een voorval is twee vroue vermoor in ‘n BMW gevind. Die nommerplate van die voertuig is verwyder.

“Dit is een van die areas wat deel van die ondersoek sal vorm om redes agter die verwydering daarvan te kry.”

In die tweede voorval het die polisie gereageer op ‘n oproep oor twee mans wat na bewering in besit van gesteelde items in Emanyeveni, Kabokweni, betrap is. Toe beamptes egter by die toneel aankom, het hulle die twee mans gevind waar hulle met skietwonde op die grond gelê het.

“Niemand was beskikbaar om rekenskap te gee oor wat gebeur het nie. Die twee is deur die paramedici dood verklaar,” het Mdluli gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui