N4-moorde-opdatering: Veelvuldige skote op BWM afgevuur waarin vroue gesterf het

’n Spesiale taakspan is op die been gebring om die moorde op twee vroue op ’n snelweg te ondersoek.

Die families van een van die vroue wat Sondag in ‘n voertuig op die N4 in Mpumalanga doodgeskiet is, het nog nie na vore gekom om haar liggaam te identifiseer nie. Die een vrou is as Ayanda Ngobeni uitgeken.

Dit is volgens inligting wat van die polisie ontvang is.

Middelburg Observer het foto’s wat ‘n wit BMW wys waarin die polisie die vroue se liggame ontdek het, deurspek met koeëlgate.

Die polisie het twee moorddossiere oopgemaak sedert die gru-ontdekking om 09:00, 5 km vanaf die Alzu Petroport.

Die lyk van een van die slagoffers is in die voorste passasiersitplek van die luukse sedan gevind terwyl die ander lyk op die agtersitplek gevind is.

Die bestuurder van die voertuig, ‘n ongeïdentifiseerde man, het glo toestemming van die eienares gekry om die twee slagoffers na ‘n funksie huis toe te vervoer.

Die slagoffers was glo 25 en 35 jaar oud. Albei is op die toneel dood verklaar, en albei is verskeie kere geskiet.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die bestuurder is veilig gevind. Hy het gesê meer besonderhede sal bekend gemaak word soos die ondersoek vorder. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

“Dit is veilig om te sê die ondersoekspan, aangewys deur die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi, is op die grond na aanleiding van inligting wat ons tans nie met die publiek kan deel nie aangesien dit die ondersoek in gevaar kan stel, maar een van die bevelvoerders het aangedui dat hy inligting oor enige vordering sal deel. Ek sal dan die media dienooreenkomstig opdateer,” het Mdhluli gesê.

Hy het bygevoeg dat ‘n spesiale taakspan gestig is om die saak te werk.

Die motor is sonder nommerplate gevind, maar die polisie het twee Gautengse registrasieplate in ‘n tas binne die voertuig gevind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui