Met die verkiesing van 1994 in Suid-Afrika is daar leë beloftes van ’n lieftallige reënboognasie gemaak. Daar was ’n idilliese prentjie van die toekoms geskets. Beloftes van vooruitgang gemaak.
Mense het die beloftes soos soetkoek opgeëet. Het aan die lippe van die “Nuwe” Suid-Afrikaanse “president” gehang. ’n President wat maande daarvoor nog op die meeste Internasionale veiligheids biro’s se mees gesoekte terroriste lys was. Van terroris tot “held”. Van kommunis tot koning.
Die spreekwoord wat lui: ’n Jakkals verander van haar maar nie van snaar, is die mees toepaslikste waaraan ek kan dink. Dit laat my dink aan Spreuke 13:20 “Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.” Dis soos om roomys en modder te meng. Dit maak nie die modder eetbaar nie, maar die roomys word oneetbaar gemaak.
Ons land het van ’n eens vooruitstrewende tot ’n land in armoede geword. ’n Eens trotse land het in ’n land van misdaad, moord, korrupsie, Goddeloosheid, verwoesting en nog baie meer geword. Praat en waarsku Spreuke 13:20 tog nie direk dat dit gaan gebeur nie?
Vandat ons land ’n heidense land geword het, het ons as volk saam met die heidene in hul heidense gebruike verval. Ons het skoon van ons Christelik gereformeerde wortels van ons voorouers vergeet. Ons hardloop agter strooihalms en leuenaars aan.
Dit laat my aan ’n ander teks in die Bybel dink. Dit is ’n teks wat holrug gery, deur sekere sektes gebruik word. Wat hulle nie besef nie is dat daardie teks as ’n getuie teen hulle gebruik gaan word: Kom ons gaan kyk na Hosea 4:6 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”
Hierdie teksgedeelte is ’n ernstige vermaning aan ons as volk. Dis ’n ernstige vermaning dat ons in die teenwoordigheid van die 3 enige God moet verkeer. Dat ons lewens as ’n geheel ’n getuienis van HOM moet wees. Om te sê dat ons in Jesus glo plaas ’n geweldige groot verantwoordelikheid op ons skouers. Dit is ons as volk se verantwoordelikheid OM AS ’N VOLK ook as ’n voorbeeld moet lewe!
Hosea 6:4 beskryf presies wat met ons as volk gebeur.
Daar kan nie so ’n ding soos ’n reënboognasie wees nie. Die struikelblokke is die reuse- kultuur, Godsdiens en dergelike verskille.
Wanneer gaan ons as volk besef dat gesamentlike ontwikkeling met die heidene onmoontlik is? Wanneer gaan ons as volk besef dat ons as volk die Here as ’n volk net soos as ’n individu moet soek? Wanneer gaan ons besef dat ons op ’n selfvernietigings pad is?
Die Here wag vir ons, Die Here wil ons genadig wees. Luister na sy woord. Keer terug tot HOM

Presies André. Dit is ʼn baie goeie stuk. Ons volk moet hiervan kennis neem.
Ons volk het al só verval in goddeloosheid dat hulle vir ʼn openlik antichristelike party stem en hulle hoop daarop plaas!
Nie om ‘n dwarstrekker
te wees nie, dit is wat ek sien en daarom dink. Telkens is hierdie volk deur ‘n strafgerig, dan keer hul terug net om weer hul rug te draai en te buig voor ander gode. Enige iets wat jou weg laat beweeg van jou Skepper God word vir jou ‘n god.
Vir jare was manne vir oorlogsvoering gekies deur die werping van die lot sodat die lots beslissing van Hom sou kom maar toe word dit weggeneem en kort voor lank al wat jong seun is op geroep. Hoekom? Mags malheid van ‘n regering wat vergeet het van wie hul mag kom….