’n Moordbeskuldigde man sal na verwagting vandag in die hof verskyn nadat hy gister in besit van plofstof betrap is.
’n Onteerde oudpolisieman wat teregstaan op aanklagte van onverwante renosterstropery en moord is gister weer in Hazyview in hegtenis geneem.
Daar word berig dat die man betrap is met springstof wat algemeen gebruik word in die pleging van transito-rooftogte.
Die operasie waarin die SAPD se elite Nasionale Intervensie-eenheid op ‘n werkswinkel toegesak het, volg op ‘n noukeurige ondersoek deur die Valke.

Van die plofstof wat gevind is. Foto: Verskaf.
Na verneem word, is die man, wat eers genoem kan word sodra hy in die hof verskyn het, in besit gevind van twee stokke dinamiet, twee ontstekers, twee koorde en drie rondtes 458-ammunisie.
Hy het die nag agter tralies deurgebring en sal na verwagting vanoggend in die Calcutta-landdroshof verskyn.
