Pyne het op 10 Oktober 2024 weer vlugtig in die hof verskyn.
Plaaslike ondersoekers in samewerking met kontabel Kgoputo Thobejane, ondersoekbeampte in die saak van Pyne, het nog ‘n arrestasie gedoen.
‘n 30-jarige man is in Katlehong in hegtenis geneem vir die besit van vuurwapens. Onderdele van ‘n motorfiets is ook gevind. Hierdie persoon moet nog in die hof verskyn.
Die deurbraak het gekom nadat ‘n getuie die ondersoekspan genader het met inligting oor bewysstukke wat moontlik kan help met die ondersoek teen die misdaad wat gepleeg is. Die verklaring van die getuie het die ondersoekbeampte ook gelei na ander getuies wat verklarings afgelê het.
‘n SIlwerkleurige motorfiets is in Vosloorus gevind en daar is beslag gelê op ‘n vuurwapen wat in Katlehong gevind is. Daar is ook ammunisie, magasyne en polisietoerusting in Joubertpark gevind.
Die silwer motorfiets en wit valhelm wat aan Pyne behoort is sedert die aanval op twee GPF lede vermis. Volgens Pyne se verklaring tydens sy borgtogaansoek besit hy heelwat motorfietse en die vermiste silwer motorfiets is nie ‘n uitsonderlike model nie.
Pyne se aansoek om borg is in Augustus geweier. Dit blyk dat hy onskuldig sal bly.
Hy bly in aanhouding en sal weer volgende maand in die hof verskyn.
