Eerste SANW-hoof Georg Meiring is oorlede
Afgetrede generaal Georg Meiring, die eerste hoof van die destydse ontluikende SA Nasionale Weermag (SANW) wat in 1994 gestig is, is Dinsdag (3 September) by sy huis in Pretoria oorlede. Meiring is in November 1993 as Hoof aangewys en was in algehele bevel van die Suid-Afrikaanse militêre masjien, en het toe grootliks met integrasie geworstel….
