20 Jaar van Witkruis Monument. Kruisplanting 2024

Die afgelope lang naweek het verskeie partye deelgeneem aan die voorbereidings vir hierdie jaar se witkruis plantings geleentheid waar daar weereens hulde gebring word aan boere wat vermoor en aangeval is die afgelope jaar.

Daar word ’n uiteenlopende program vir die geleentheid hierdie jaar beplan.

Dankie aan almal wat gehelp het met die Witkruis Monument se jaarlikse skoonmaak.                      

Ons sien julle die 13de en 14de September.                                        

As jy ons wil ondersteun sms Witkruis na 44609.

Kom ons maak hierdie jaar die grootste jaar nog!

Kom ons ondersteun die families wat deur die ergste tyd gaan wat mens aan kan dink.

Kom ons wys ons kan saamstaan!  

     

Historiese feite – Deur Klaas Prinsloo

Witkruismonument lê teen die hange van die Ysterberge, langs die N1 Snelweg na die Noorde, tussen Potgietersrus en Pietersburg.

Die Monument herdenk elke plaasmoord in Suid Afrika sedert 2004 en jaarliks, in September word daar n wit metaal kruis geplant vir elke boer of slagoffer van n plaasmoord in die tydperk 1 Augustus die vorige jaar tot en met 31 Julie van die huidige jaar.

Die plegtigheid lok baie aandag met trekkers en implimente wat vanaf die Caltex Star Stop, op die Saterdag oggend in stoet beweeg tot by die monument.

Dr Neels Roelofse, ‘n kriminolog verbonde aan die Universiteit van Limpopo en sy vrou Rina was die aanvanlike stigterslede en het die monument later aan Lita Fourie oorhandig.

Lita se ouers, Oom John en tannie Binna Cross is op 16 April 2000 in n plaasanval te Gravelotte vermoor is.

Sanral het n problem gehad met die wit kruise wat aanvanklik langs die pad geplant was, om bewustheid te skep vir plaasmoorde.

n Stuk grond is deur die vorige eienaar, Mnr Stephan Van der Walt geskenk vir die doel. Op 16 Junie 2004 het lede van die gemeenskap, die eerste kruise by die momument geplant.

Na Lita se dood in 2023 het Chris Harmse alle reelings behartig maar is ongelukkig ook in 2024 oorlede.

Tans beklee Hester Labuschagne, Lita se dogter, Francois Van der Merwe van die Bittereinders en Kobus De Lange, ‘n plaaslike boer die direksie met Klaas Prinsloo aan die stuur van die monument se statistiek  

Een van die mees kommerwekkende aspekte wat uitkom uit die statistiek, is die onnodige foute, nalatigheid en onge-ergdheid.

In September 2023 is drie en vyftig kruise geplant wat insluit, moorde na die aanloop en herplantings op versoek van familie.

In September 2024, word ses en twintig nuwe kruise, drie spesiale kruise en vyf herplante kruise geplant. En bring dit dan die totale aantal kruise te staan op ongeveer drie duisend.

Verlede jaar het on sook kruise geplant vir Oom Josef Payne enNicci Janse Van Rensburg, wat as vrywilligers tydens 2022 se kruisplanting help kruise plant het.

Kruisplanting Program

Vrydagaand

  • Die program vir die Vrydag aand behels die verwelkoming.Die onthulling van die jaar se kruise.
  • Vermaak deur Danie Van der Westhuizen en hopelik ook weer Dean Chancy.
  • Dan word die ligte aangeskakel om die hele monument te verlig.
  • Tesame met verdere vermaak deur Danie en Dean is daar n kenmekaar tot en met 21h00.

Saterdag Oggend

  • Alle belangstellendes versamel om 07h30 by Caltex The Ranch en vertrek die stoet om 08hoo na die monument.
  • Die perdekommando arriveer en die vlag seremonie vind dan plaas waarna die volkslied (Stem) gesing word en die verwelkoming plaasvind.
  • Daar sal beslis die jaar n huldeblyk gebring word aan Chris Harmse, n Boer wat sy hart en baie sweet en trane in Witkruis monument bele het.
  • Net daarna sal daarna word die kruise aan die Families oorhandig. Vir die kruise waar families nie kon bywoon nie, word daar vrywilligers gevra om te ontvang en te plant Tydens die deel van die seremonie sal daar sang en musiek deur Danie en Dean gebring word.
  • Een kanonskoot, gevolg deur n minuut se stilte volg en daarna sal die Laaste Eerbetoon gebring word.
  • Families word dan die geleentheid gegee om hulle familie lid se kruis te plant.
  • Die verrigtinge sluit dan af en daar word verdaag.

Afsluiting

Die storie van die Morrisons. 4 Mei 2024

Bank besonderhede:
Witkruis Monument NPC
Eerste Nationale Bank
Rek No 6309 8594 063
Tjek Rekening
Tak Platinum Park

                    

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui