Die SAWD reik ongure weerwaarskuwings vir die Wes-Kaap uit
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vir die volgende paar dae meer waarskuwings van ongure weer oor die Wes-Kaap uitgereik. Dit sluit in ‘n vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reënval en ‘n vlak 6-waarskuwing vir skadelike kus- en binnewinde. Charlotte Powell, woordvoerder van die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuursentrum, sê moontlike impakte sluit oorstromings, vallende puin en kragonderbrekings…
