Heidelberg moordverdagte verskyn weer in die hof

Die saak is vir ‘n tweede keer uitgestel.

Die verdagte in die skietvoorval in Ueckermannstraat op 3 Julie, waar Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond en Flip Minnaar (66) beseer is, het op 17 Julie sy tweede verskyning in die Heidelberg Landdroshof gemaak.

Die saak teen Jean-Lee Pyne (30) is in ‘n volgepakte hofsaal uitgestel tot 25 Julie vir ‘n formele borgaansoek. Pyne sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.

Jaen Lee Pyne(29) het netjies geklee in die beskuldigde bank gaan staan met ‘n Bybel in sy agtersak en sy rug op die openbare gallery gekeer.

Mnr Minnaar is oorgeplaas na die Alberton Hospitaal waar hy Woensdag ‘n noodoperasie ondergaan het.

Die polisie het die dag van die voorval nadat die motorfiets en valhelm uitgeken is na aanleiding van kringtelevisie foto’s wat in die media versprei is, op Pyne se huis toegeslaan. Hulle het onder andere ‘n dossier van ‘n aanrandingsaak teen Pyne in sy huis gevind.

Pyne het ook Woensdag in die gesinsgeweld hof verskyn omdat hy ‘n beskermingsbevel verontagsaam het. Die hof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik, maar die polisie het versuim om dit uit te voer.

‘n Anonieme persoon het gemeld dat die silwerkleurige motorfiets en wit valhelm met kleurvolle strepe sedert die aanval vermis word.

Volgens ‘n betroubare bron was Mnr Minnaar die teiken van die aanval. Minnaar se dogter was blykbaar sedert 2019 goeie vriende met Pyne, maar die vriendskap het versuur. Die Minnaar-gesin word blykbaar al vir langer as vyf jaar deur Pyne geïntimideer en vrees vir hul lewe. Dit blyk dat die gemeenskap bewus is van Pyne se streke en dat hy die Minnaars intimideer.

Mnr Du Preez was ongelukkig die onskuldige persoon wat op die verkeerde plek was en moes boet met sy lewe.

Na wat verneem word, het die petisie wat in die omgang is om borg teen te staan, al sowat 2 500 handtekeninge daarop.

Hy is deur sy vrou en twee vriende in die hof ondersteun.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui