Persverklaring: Suid-Afrikaanse Polisiediens 2024/07/09
Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Vrystaat
MANGAUNG – Op 17 September 2023 omstreeks 22:00 het ‘n sewejarige seun by sy ma gekla oor beweerde seksuele mishandeling deur sy pa.
Die geskokte en ontstelde ma het die kind na die dokter geneem vir ‘n mediese ondersoek en die dokter het die seksuele aanranding bevestig.
Die saak is by die Bloemspruit-polisiestasie aangemeld en na die eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdrywe in Mangaung geneem, waar dit ondersoek is deur sers. Evodia Maseko, wat na ontvangs van die dossier met die Nasionale Vervolgingsgesag, Advokaat York geraadpleeg het en die verdagte is gearresteer. .
Deur saam te werk is die 32-jarige pa tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy seun.
