3 vermeende OTM-bom aanvallers in Oos-Rand in hegtenis geneem

6 Julie 2024

Daar is beslag gelê op gevlekte geld en ‘n gekaapte voertuig tydens ‘n klopjag op drie huise.

Drie verdagtes wat met onlangse OTM-bomaanvalle verbind word, is Woensdag in Palm Ridge, Oos-Rand, in hegtenis geneem.

Volgens Donovan du Toit, die operasionele bestuurder van Fox Security, is inligting ontvang rakende ‘n sindikaat wat betrokke was by OTM-bomaanvalle.

‘n Span is saamgestel en ‘n operasionele plan is Woensdag in die vroeë oggendure uitgevoer.

Geld gevind tydens die klopjag.

Daar is op drie huise toegeslaan en drie verdagtes is tydens die operasie in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op gevlekte geld en ‘n gekaapte voertuig.

Al die verdagtes is by Eden Park-polisiestasie aangehou.

Sekuriteitslede op die toneel.

Eenhede betrokke by die operasie was Ekurhuleni Metropolitaanse Polisie Departement (EMPD) Gemeenskapskakeleenheid, EMPD Ingrypingseenheid, Fox Security, CI Ekurhuleni, ABSA Ondersoekeenheid, EMPD K9, FNB PCM-span, Sentraal Transvaalse Verkeerspolisie, CPS Sekuriteit, Vusela Intel en die plaaslike Misdaad Rekordsentrum Germiston.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui