Polisievrou geskiet tydens OTM-roof in Vrystaat

Die polisie in die Vrystaat het ‘n soektog van stapel gestuur nadat ‘n polisievrou geskiet is toe rowers op ‘n polisievoertuig wat naby ‘n vulstasie in Villiers gery het, begin skiet het.

Daar word beweer dat vlugtende rowers ‘n 39-jarige polisievrou tydens ‘n mislukte OTM-bomaanval by die motorhawe geskiet het.

Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat vyf gewapende verdagtes by die geriefswinkel in die vulstasie gearriveer het, drie mans het die winkel binnegekom en een het ‘n vuurwapen op die kassier gerig het terwyl hulle almal in die winkel gedwing het om op die vloer te lê.

Hy sê die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant en sigarette gevlug. Kareli sê nog ‘n verdagte was by die OTM besig om springstof te plant, maar dit het nie ontplof nie.

Hy sê ‘n saak van poging tot moord en poging tot OTM-bomaanval is geopen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui