Rowers lok inwoners van Mariannhill op sosiale media
Die polisie in Natal het inwoners in die Mariannhill-omgewing wes van Durban gewaarsku oor ‘n roofbende wat slagoffers via sosiale media lok om elektroniese toerusting te koop. Sodra die slagoffers by die ontmoetingspunt aankom, word hulle na ‘n verlate huis in die Oakland-omgewing geneem waar hulle met ‘n vuurwapen aangehou en van hul besittings beroof…
