Waarskuwings oor kragonderbrekings in Johannesburg

Johannesburg se City Power het lasvermindering in dele van die stad geïmplementeer, wat plaaslike besighede ernstig kan raak.

City Power het lasvermindering in gebiede met hoë gebruiksvlakke en wat dreig om die stelsel te oorlaai, ingestel.

Alhoewel dit hoofsaaklik residensiële gebiede sal raak, kan hierdie onderbrekings ook plaaslike besighede aansienlik ontwrig.

Volgens dr Andrew Dickson, Ingenieurshoof by CBI-electric sal lae spanning en produksie by fabrieke wat onderbreek word wanneer die krag onderbreek word, produksie uitsette negatief benadeel en gevolglik word winsgewendheid nadelig beïnvloed.

“Vir ‘n aantal maatskappye wat in Johannesburg se nywerheidsektor werksaam is, kan die afskakeling van masjinerie egter veroorsaak dat hulle vir lang tydperke nie meer kan werk nie, aangesien dit toerusting enigsins van ‘n paar uur tot meer as 24 uur kan neem om terug te keer na werking,”  het Dickson gesê.

Produksielyne wat kragonderbrekings ondervind, moet hul voerlyne skoonmaak en alle produkte wat as gevolg van die kragonderbreking voerlyne verstop, moet skoongemaak word.  Kragonderbrekings verhinder fabrieke om die voorgeskrewe riglyne te volg om ‘n produskielyn tot stillstand te bring sonder om ontwrigting te veroorsaak.  Die inwerkingstelling van ‘n produksielyn neem tyd nadat die kragtoevoer weer herstel is. Kragonderbrekings het ook ‘n nadelige invloed op die koste wat fabrieke ly as gevolg van rou materiale wat afgeskryf moet word.

“Met onderbrekings wat nou verskeie kere per dag in dele van Johannesburg plaasvind, sal dit sake tot stilstand bring en kan selfs verskeie maatskappye dwing om te sluit.”

“Dit kan boonop beduidende finansiële uitwerking hê, veral aangesien die stad se besighede die in staat stel om sowat 14,9% tot die nasionale bruto binnelandse produk (BBP) en 40% tot die Gauteng provinsie by te dra, terwyl dit ook ongeveer 2,13 miljoen mense in diens het.”

Sy oplossing

As maatskappye en huishoudings vrywillig hul elektrisiteitsverbruik verminder, het hy gesê, kan dit moontlik wees om spanning op die netwerk te verlig en sodoende ontwrigtings tot die minimum te beperk en besighede toe te laat om te werk.

Besighede en huishoudings moet egter planne instel om hul elektrisiteitsverbruik te beperk sodat dit kan werk.

“Die eerste stap moet wees om te meet hoeveel krag verbruik word asook wanneer, waar en hoekom. Hierdie inligting kan dan gebruik word om ’n plan in werking te stel wat energievraagpatrone in ag neem.”

“Dit kan byvoorbeeld maatskappye help om te verander wanneer hulle die meeste krag gebruik deur hul bedrywighede te herstruktureer, te bepaal watter prosesse wanneer moet plaasvind om pieke en dalings in daaglikse kragverbruik te verminder en aan te pas hoe skofstrukture werk.”

“Die gebruik van tydmeters of vragbeheerders om te skeduleer wanneer vragte aan- of afskakel, kan ook help om elektrisiteitsverbruik te verminder.  Dit kan voorkom dat stelsels soos lugversorgers en hidro-stoomketels wat in fabrieke gebruik word, onnodig na besigheidsure werk of beperk hoe lank huishoudelike geisers aan is.

Lasbeheerders, gekombineer met kamerbesettingsensors, kan elektriese toerusting in onbewoonde kantore of vergaderlokale afskakel sodat krag verbruik word wanneer nodig.

“Bykomende elektrisiteitsbesparingsmaatreëls kan die installering van natuurlike beligting-opsies soos ligpype in plaas van elektriese beligting en die inbring van trekdeure insluit om verhitting- en verkoelingskoste te verminder.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui