Transito roof in Benoni: Vyf word vasgetrek

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n transito-rooftog wat op 15 Junie 2024 in Benoni, oos van Johannesburg plaasgevind het.

Daar is beslag gelê op twee voertuie wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, insluitend twee AK-47-gewere. Deliwe Ndlovu, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die verdagtes sal binnekort in die Boksburg-landdroshof verskyn.

“Ons wil graag al die rolspelers prys wat die verdagtes suksesvol aangekeer het. Die verdagtes word by die Boksburg-polisiestasie aangehou en ondersoeke is nog aan die gang,” sê sy.

Lakefieldlaan en Lanyonstraat was gesluit weens die transito-rooftog.

‘n G4S-bussie wat naby die Lanyon-brug in Lakefield gereis het, is deur ‘n groep mans aangeval en die geldwa is gebombardeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui