Beeste gesteel en geslag buite Potgietersrus

Sekuriteit maatskappye was gister oggend uit na ‘n voorval waar beeste geslag is. Die insident het in die Helderfontein gebied buite Potgietersrus plaasgevind. Die beeste se hakskeensenings is gekap. Twee van die beeste is geslag en die vel, kop, pote en binnegoed is agtergelaat.

Die een bees se binnegoed is met ou buite bande toegemaak. Die derde bees se een hakskeen is gekap maar dit lyk of sy sal herstel.

Volgens die spore en die draad wat geknip is, is vleis na die Mashashane pad gedra en op ‘n voertuig gelaai.

SAPD Potgietersrus behartig die saak

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui