Die leier van die IFP het bevestig dat Velenkosini Hlabisa die volle ondersteuning van die ANC, DA en NFP (National Freedom Party) verkry het om Thami Ntuli as premier te benoem vir Natal.
Hlabisa het die media op 12 Junie 2024 toegespreek by die IFP se hoofkantoor in Durban waar hy ‘n volledige verslag van die party se standpunt met betrekking tot President Cyril Ramaphosa se voorgestelde regering van nasionale eenheid voorgelê het.
Ten spyte van die feit dat die MKP (uMkhonto weSizwe Party) as wenner in Natal getriomfeer het met 45.35% tydens die onlangse verkiesing, was Hlabisa optimisties dat Ntuli ingesweer sal word as die provinsie se premier.
“Die IFP is nie gekondisioneer om enige posisie te beklee nie. Thami was ons premier kandidaat vir Natal tydens ons verkiesingsveldtog, hy is steeds ons kandidaat en ons het dit voorgelê aan die leierskap van die ANC, DA en die NFP.
“Hulle het hul volle ondersteuning uitgespreek vir Ntuli as premier van die koalisie regering op provinsiale vlak (Natal) om ons provinsie in die toekoms te lei. Ons het met die NFP asook die MK vergader,” het Hlabisa gesê.
