ATM party bestyg die MK karretjie – beoog ook om die eerste sitting van die parlement te verhoed…

Die ATM-party beplan om ‘n hofuitdaging te loods om die eerste sitting van die parlement môre te stop.

Die party beweer dat hulle verskeie onreëlmatighede tydens vanjaar se verkiesing opgemerk het.

Die ATM het slegs twee setels in die parlement gekry.

Hulle sluit by die MK-party aan om die eerste sitting van die parlement te verhoed.

Albei partye het nog nie bewyse van die sogenaamde verkiesingsonreëlmatighede gelewer nie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui