Sentraal-Transvaal. – ‘n Man is Sondag op die N14, naby die R114-pad, doodgeskiet nadat hy stilgehou het. Vroeër die aand is nog twee voertuie op dieselfde hoofweg deur skerpgemaakte penne beskadig.
Die oorledene en sy meisie was in hulle voertuig, waar hulle op die kant van die pad stilgehou het. Die man is doodgeskiet en sy meisie is ongedeerd. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie, paramedici, Wierdabrug GPF Sektor 3 en verskeie ander veiligheidsvoertuie en rolspelers was op die toneel.
Ten spyte van monitering en doeltreffende hulpverlening word gevalle van spykervalstrikke steeds gerapporteer.
‘n Gesin het op 29 Mei omstreeks 20:30 op die N4 in ‘n westelike rigting gery. Die voertuig is net voor of by Solomon Mahlangurylaan, waar die Simon Vermootenstraatstraat-afrit geneem is, vermoedelik deur skerp penne beskadig. ‘n Lid van Pretoria Live Traffic het die voertuig opgemerk wat stadig met sy noodligte aan gery het en het die familie na die BP-vulstasie in Simon Vermootenstraat vergesel. Die familie was veilig, maar getraumatiseer.
Op 30 Mei omstreeks 19:30 is ‘n voorval op die N4 naby die Watermeyerstraat-afrit aangemeld. Terwyl die bestuurder van die voertuig met ‘n band besig was, het drie gewapende verdagtes hom van persoonlike besittings beroof. Geen beserings is aangemeld nie.
Op Vrydag 31 Mei omstreeks 19:35, op die N14 in ‘n noordelike rigting, voor Jeanlaan, het twee voertuie deur skerp penne gery. Berig is ook ontvang van ‘n voorval op dieselfde dag omstreeks 21:10 op die N4 net verby Bosmanskraal-afrit in die rigting van Bronkhorspruit. Nóg ‘n voorval het vroeër die aand op die N4 naby die R80 in die rigting van Pretoria naby Bundu Inn voorgekom. Die motoris was onderweg na Wonderboom-Suid.
Op Saterdag 1 Junie is waarskuwings ontvang van voorwerpe wat op die R21-pad van die Atlaspad-brug gegooi is en ‘n voertuig se windskerm beskadig het. Saterdag is mense wat langs die pad op die N4 by die Watermeyerstraat-afrit gestop het deur verdagtes geteiken. Vier Shona-sprekende persone het die slagoffers aangerand en met ‘n vuurwapen gedreig. Selfone, beursies en sleutels is gesteel, terwyl die voertuig aan die kant van die pad gelaat was. Daarna is van hommeltuie gebruik gemaak om na die verdagtes te soek.
Maandagoggend het die eerste waarskuwing oor ‘n voorval by Fountains Valley gekom. Omstreeks 01:25 is hulp by die oprit na die N14 vanaf Eeufeesstraat gevra. Vier verdagtes het die voertuig genader, maar op die vlug geslaan toe hulle sien die voertuig behoort aan ‘n veiligheidsmaatskappy. TMPD het die bestuurder van die voertuig bygestaan. Omstreeks 19:40 die aand is ‘n voorval op die N4, tussen die Rosslyn- en Lavenderpad, gerapporteer.
Woensdagoggend net na 07:00 is ‘n vroulike bestuurder met ‘n pap band deur die doeltreffendheid van die Life Traffic-groepe gehelp. Sy was tussen Rossouwstraat en Solomon Mahlangurylaan op die N4 toe sy van die pap band bewus geword het. Sy is nie seker of sy deur skerpgemaakte penne gery het nie.
Motoriste word gewaarsku om waaksaam te wees wanneer hulle op die paaie is en moet vermy om in die donker langs die pad te stop. Daar moet eerder van fasiliteite by vulstasies gebruik gemaak word.
Life Traffic sê wanneer daar deur skerpgemaakte penne gery is, moet die polisie onverwyld gebel word. Hou aan ry, al is dit hoe stadig. Stuur dan dadelik jou ligging op een van die WhatsApp-groepe soos Spiking Platform sodat hulp verleen kan word.

Andre Smit en Volkskrag Nuus, dis slapgat en Afrikaansondermynend om “spikings” direk uit Engels oor te neem. Belê in ‘n aanlyn tweetalige woordeboek en/of ‘n taalversorger asb.
Hanno Visagie
EERSTENS!!!!!!EK DOEN GOED VIR ‘N REDE EN EK SKRYF GOED VIR ‘N REDE! Ek weet nie of jy die AANHALINGSTEKENS opgemerk het nie!!!!! DIT BETEKEN EK HAAL AAN!!!!!!
Nou my vraag: Gaan jy die taalversorger borg? Ek het nie eers behoorlik geld vir kos nie waar staan nog vir ‘n taalversorger. Ek moet baie ander werk ekstra doen net om kos op die tafel te sit!! EK VERDIEN NIE ‘n ENKELE SENT MET HIERDIE KOERANT NIE. DIT KOS MY GELD! DIT VAT KOS VAN MY TAFEL AF OM HIERDIE KOERANT TE BEDRYF MAAR! EK DOEN DIT UIT LIEFDE VIR ONS VOLK!!!!
Jy het al 3 keer gekla oor ek TROK in plaas van vragmotor gebruik – TROK is ‘n algemene volkswoord!
As jy weer kla sonder om sinvolle hulp aan te bied sal jy ongelukkig verwyder moet word!