Polisiebeampte oorleef koeëlreën tydens ‘n transitorooftog
DURBAN – ‘n Polisiekaptein het takties ‘n koeëlreën oorleef nadat hy hom vanoggend, Donderdag, 6 Junie 2024, onder hewige geweervuur van transitorowers op die N2-hoofweg noordwaarts, net voor die KwaMashu-hoofweg-afrit, bevind het. ‘n Onbekende aantal verdagtes, wat in verskeie voertuie gery het en ‘n kontantafleweringsvragmotor geteiken het, het sonder enige kennisgewing losgebrand op die polisiebeampte…
