Motoriste is versoek om Marlboro-rylaan in Kelvin, Johannesburg, te vermy ná betogings deur inwoners van die Setswetla- informele nedersetting.
Die inwoners het die pad met klippe en brandende bande afgesper en betoog oor kragonderbrekings in die gebied.
Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, sê: “Marlboro-rylaan in Kelvin- en Marlboro-tuine is tans met brandende bande vir verkeer gesluit tussen Southwaystraat en Xenia-rylaan. Daar is ook sluitings op Xenia in die rigting van Marlboro-rylaan weens die protesaksie in die gebied.”
“Die situasie is relatief kalm behalwe die padsluiting. Wetstoepassingsbeamptes monitor die huidige betoging en help met die herleiding van voertuie van die sluiting af,” voeg Fihla by.
