Ons het die afgelope naweek ’n paar toetsuitsendings gedoen met ’n splinternuwe Afrikaanse televisiestasie. Die stasie is tans aanlyn op ’n tydelike kannaal.
Ek het navorsing gedoen en ondervind dat daar bitter min skoon Afrikaanse vermaak beskikbaar is vir die stasie om uit te saai. Die stasie se sensor beleid het nie plek vir programmatuur wat teen ons Bybelse beginsels indruis nie.
Om so ’n kannaal op die lug te bring, sal ons alle programme en materiaal van die grond af moet skep. Ons moet ook ateljees bou om vanaf uit te saai en om program opnames te doen.
Ek het ’n gedagte om ’n Afrikaanse Media Korporasie te stig wat tot voordeel van ons as Afrikaanssprekendes Wêreldwyd moet wees. Ons wil programme saamstel vir almal. Van oud tot jonk.
Ons beplan om ook Afrikaanse vermaaklikheid reekse op die planke te bring om skoon en suiwer vermaak aan ons kykers te bied.
Dit is ’n astronomiese projek wat ons aanpak en ons gaan borge en/of beleggers nodig hê.
Ek het met die afgelope toetsuitsendings besef dat daar ’n GEWELDIGE behoefte aan so ’n diens is en die opkoms na bykans geen advertensie was ongelooflik verbasend!

Pragtig !!!!
Ek ondersteun julle heelhartig !
Boere Groet
Anton Hart
Baie dankie.
Ons wardeer elke ondersteuner!