Bittereinders aankondiging!

Daar is baie mense wat nou vra oor ons opinie van Devon Hofmeyr en sy teenwoordigheid by die MK fondsinsameling saam Louis Liebenberg. Ons antwoord is eenvoudig, Devon Hofmeyr het bedank uit die Bittereinders en het dus geen meer asosiasie met, of verantwoordelikhede teenoor die Bittereinders nie, en dus het sy teenwoordigheid daar niks met ons organisasie te doen nie.

Ons distansieer onsself van enige verwantskap met daai partye en vra dat u as publiek dit ook nie met ons organisasie assosieer nie.

Ons is nie hier om enige iemand te beledig of om opinies oor individue se aktiwiteite wat niks met ons te doen het te lewer nie, ons hou aan met wat ons doen en wys ons organisasie se karakter deur ons dade en ons skrywes.

God wees met u.

Bittereinders Groete

-Francois van der Merwe

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui