Die Kerkstraat bom ontploffing is vir my ’n stille herhinnering omdat dit op my verjaarsdag val en dit vir my ’n herhinnering is van hoe ons as volk selfs voor 1994 gekasty was.
Die Bittereinders nooi u hartlik uit om saam met ons die Kerkstraat Bom terreuraanval te kom herdenk waarin 17 mense en 2 terroriste oorlede is. In indienings aan die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in 1997 en 1998, het die ANC onthul dat die aanval georkestreer was deur ‘n spesiale operasie-eenheid van die ANC se Umkhonto we Sizwe (MK), beveel deur Aboobaker Ismail. Op daardie tydstip het hulle aan Joe Slovo gerapporteer as hoof van personeel, en die Kerkstraataanval is gemagtig deur Oliver Tambo.
Ek dink die slagoffers veral die wat gesterf het op daardie dag sou in hul grafte omdraai as hulle moes weet dat die terroriste wat ons mense op daardie dag aangeval het so bekend geword het dat strate, geboue en lughawens na hierdie terroriste vernoem is. Dit is dus duidelik dat baie in 41 jaar kan gebeur. Ons mag nooit vergeet nie.
Die inligting vir die herdenking lui as volg:
Die Kerkstraat Bom se 40ste herdenking sal op Maandag die 20Ste Mei 2024, om 09h00 begin.
Die gedenkdiens sal by die Poyntensgebou in Kerkstraat (tussen Sophie de Bruyn & Bosman straat) wees.
Daar sal parkering naby die gebou wees.
Bring gerus ʼn stoel en iets te drink saam.
Die drag vir die dag (indien jy kan) is ʼn kakie hemp met ʼn swart rouband.
Bittereinder groete.
